Malfo Opleiding
Praktiese en tegniese opleiding vir individue, werknemers en besighede.
Sedert 2005 • Opleiding in Worcester en op perseel.
Praktiese opleiding wat mense toerus vir die werksplek
By Malfo Opleiding fokus ons op praktiese opleiding en vaardigheidsontwikkeling wat mense help om met groter kennis, selfvertroue en veiligheid in die werksplek te funksioneer.
Ons bied opleiding aan individue, werknemers en besighede, met kursusse wat wissel van tegniese en landbou-opleiding tot lewensvaardighede, nutsmanvaardighede en werknemer-evaluering.
Opleiding kan by ons opleidingsentrum in Worcester of, waar toepaslik, op die perseel aangebied word.
Praktiese opleiding vir die landbou-, industriële en werksplek-omgewing.
Van trekker- en operateursopleiding tot beroepsveiligheid, sweiswerk en tegniese vaardighede bied ons praktiese opleiding wat op werklike werksomstandighede fokus.
Trekker & Landbou-opleiding
• Trekker instandhouding
• Trekker veiligheid
• Trekker operateur
• Trekspuit instandhouding en chemiese stowwe
• Veilige hantering van chemiese stowwe
• Gekombineerde trekker- en trekspuitopleiding
Operateurskap & Beroepsveiligheid
• Vurkhyser Operateur – Nuwe Lisensies
• Vurkhyser Operateur – Lisensie Hernuwings
• Beroepsveiligheid en Gesondheid
• Spanleier
• Basiese Noodhulp
• Brandbestryding
• Kettingsaag
Nutsman & Tegniese Opleiding
• Boogsweis opleiding – Module 1
• Gassweis opleiding – Module 2
• MIG- en TIG-sweis opleiding – Module 3
• Elektriese kursus
Maak gebruik van u opleidingsgeleenthede.
U besigheid betaal moontlik reeds vir vaardigheidsontwikkeling deur die Skills Development Levy (SDL).
Indien u besigheid aan die toepaslike vereistes voldoen, kan 'n gedeelte van u SDL-bydrae moontlik vir opleiding teruggevorder of benut word. Malfo Opleiding kan u help om opleidingsbehoeftes te identifiseer en werknemers se vaardighede te ontwikkel.
Is u gereed om u vaardighede of werknemers se vaardighede te ontwikkel?
Kontak Malfo Opleiding om u opleidingsbehoeftes te bespreek.